Join Now

# Latest News

Submit News

01 March 2012 at 21:12 - Posted by Anonymous

Bloemfontein businessman Johan Vermaak, 39, bitten badly by knifeman he was chasing from his home


660

Mnr. Johan Vermaak wys waar die betreder ’n stuk vleis uit sy arm gebyt het. Foto: MARINUS MULDER

Bloemfontein businessman Johan Vermaak, 39, got so fedup with thugs breaking into his property that he chased a knifeman from his Uitsig home yesterday - and then proceeded to get bitten brutally in the resulting fight.

The angry knifeman threatened to kill him -- and tore a piece of flesh from Vermaak's arm with his teeth - but Vermaak and security guards dragged the attacker from his hiding place and had him arrested.

 

Mr Vermaak got his arm thoroughly cleaned after the fight. 

 

---------------------------------------------

 

’n Betreder het in ’n geveg met ’n Bloemfonteinse sakeman ’n stuk vleis uit die sakeman se arm gehap.

 

Al is mnr. Johan Vermaak (39), eienaar van ’n bou-onderneming, lelik deur die betreder gebyt, was dit uiteindelik die betreder wat die geveg verloor het.

 

Van die vasberade Vermaak af, kon die betreder nie wegkom nie.

 

Hy is nou agter tralies.

 

Vermaak sê hy het eergister kort voor 13:00 sy seuntjie in Uitsig by die skool opgelaai, toe sy huishulp bel en sê daar is ’n vreemde man in die tuin.

 

By sy huis in Genl. De Wet aangekom, was die betreder in sy buurman, mnr. Lappies Loubser, se tuin net buite die kombuis.

 

Vermaak sê hy het ’n gholfstok gegryp en die betreder gejaag.

 

“Ek is gatvol vir misdaad. Hy kan kom inbreek en maak soos hy wil, maar ek het besluit hy gaan nié wegkom nie.”

 

Die betreder het straat-af gevlug.

 

Vermaak het in sy bakkie gespring en hom agternagesit.

 

Die betreder wou weer oor die muur van ’n huis spring, maar vermaak het hom van die muur af geslaan en hom met die gholfstok bygekom.

 

“Hy het op die grond gelê en gesê hy gaan my doodsteek. Ek het hom met die gholfstok geslaan totdat dit breek en toe klim ek met my vuiste in.

 

“Toe byt hy my aan die arm en probeer opstaan, maar ek het hom met die knie gestamp. Hy het ’n mes uitgehaal en my bobeen raakgesny.”

 

Die betreder het weer probeer wegkom, maar twee bouers, sekuriteitswagte van die Senforce-veiligheidsmaatskappy en Vermaak het hom uitgehaal waar hy onder ’n sinkplaat weggekruip het.

 

Die bytwond aan Vermaak se arm moes in ’n operasie skoongemaak word.

 

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê ’n 39-jarige man is agter tralies.

comments powered by Disqus