Join Now

# Latest News

Submit News

12 October 2012 at 09:55 - Posted by Anonymous

Jong vrou verkrag wyl haar ouers slaap - SANEWS


341

Polokwane. – ’n 20-jarige vrou is gister in die vroeë oggendure in haar ouerhuis in ’n gegoede woonbuurt deur ’n inbreker verkrag en beroof.

Dit is die derde huisrooftog sedert Junie in Eduanpark.

Ao. Lesiba Ramoshaba, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvaller het glo ’n hamer by hom gehad. 

Hulle ondersoek die moontlikheid dat dit dieselfde aanvaller was wat Leon van Biljon (31) in Augustus met ’n hamer in sy huis aangeval het. Dit het skaars ’n straatblok van gister se aanval gebeur.

Van Biljon het breinbeserings opgedoen en sy spraak is sedertdien aangetas.

Ramoshaba het gesê die jong vrou se aanvaller het ’n venster van die huis gebreek. 

Die huis het ’n hoë muur met elektriese omheining. Die vrou se ouers het in hul kamer geslaap toe sy aangeval is. Sy het glo haar bewussyn by tye verloor. Haar ouers het wakker geword van haar gille. Die aanvaller het toe gevlug.

Die man het ’n skootrekenaar, twee selfone en ’n plasma-TV-stel gesteel. Dit is nog onduidelik of hy iemand gehad het wat hom gehelp het.

In Junie is ’n jong vrou, ook in Eduanpark, deur aanvallers verkrag nadat hulle by haar tuinwoonstel ingebreek het. ’n Veiligheidswag wat wou gaan help, is in die arm geskiet. 

comments powered by Disqus