Join Now

# Latest News

Submit News

29 May 2012 at 10:31 - Posted by Anonymous

Levubu-boer oorleef mesaanval


503

‘n Bekende boer van die Levubu-omgewing het die jongste slagoffer geword van ‘n gewelddadige plaasaanval.

Mnr.  Neels Maritz (60) wat in die Beaufort-omgewing van Levubu boer, is Maandagaand deur ‘n aanvaller by sy plaashek voorgelê.

‘n Vriend van Maritz, mnr. Choppies Vosloo, het Dinsdag aan die Zoutpansberger vertel wat gebeur het. Maritz was op pad van vriende se verjaarsdagpartytjie en het ongeveer 20:30 by sy huis aangekom.

Dit was toe hy terugstap na sy hek toe, dat die aanvaller hom voorkeer en 'n mes uitgepluk het. ‘n Struweling het tussen Maritz en die aanvaller ontstaan, waar tydens Maritz ernstige steekwonde aan sy regterhand opgedoen het.

Vosloo sê dat Maritz, wat sy vuurwapen by hom dra, gesukkel het om met die beseerde hand die wapen by te kom. Dié het die aanvaller glo in die struweling by Maritz afgeneem en op die vlug geslaan daarmee.

Maritz het vir Vosloo en nog ‘n vriend, mnr. Theuns Theunissen, geskakel om te kom help. Hulle het hom dadelik na die Zoutpansberg Privaathospitaal gejaag, waar hy behandeling ontvang het vir die steekwonde.

Maritz is Dinsdagmiddag oorgeplaas na die MediClinic in Polokwane, waar hy ‘n noodoperasie ontvang het om twee van sy vingers aan sy regterhand te heg. Vosloo het Woensdagoggend bevestig dat die operasie goed afgeloop het en dat Maritz steeds aangesterk het in die hospitaal.

AO Solly Muklola, woordvoerder van die Levubu SAPS, het by navraag gesê hulle ondersoek ‘n saak van huisbraak. Teen Woensdag is daar nog geen arrestasie gemaak nie.

Die aanval op Maritz volg ná ‘n vrou, ook van Levubu, deur vyf mans aangeval en vasgebind is by haar huis verlede Vrydag.  Mev. Anett Fritz was alleen by die huis gewees en besig om kos uit te skep vir die honde toe ‘n man haar genader het.

Fritz het aanvanklik nie onraad vermoed nie en gedink die persoon soek dalk werk. Dit was toe die man by haar is, dat nóg vier haar bestorm, in ‘n stoel gedwing en haar vasgebind het. Een van die aanvallers het 'n panga by hom gehad.

Haar aanvallers het laat spaander toe hulle agtergekom het dat sy haar paniekknoppie, wat sy in haar sak dra, gedruk het. Volgens Fritz, wat saam met haar gesin drie maande gelede na Levubu verhuis het, vermoed hulle dit is dieselfde mense wat ‘n week vantevore by hulle huis ingebreek het.

“Dit is nie iets waaraan mens rêrig wil dink nie. Ek is net bly dinge het nie erger 

comments powered by Disqus