Location All
Crime Types   Date Range
between -
Incident #1542
Local Issue

811

## Barkley East, Barkley East, Northern Cape
- Reported by Anonymous
Egpaar in hul huis in aftreeoord aangeval ’n AFGETREDE boer en sy vrou van Barkly-Oos het in die vroeë oggendure sowat 20 minute lank verbete om hul lewens geveg toe hulle in hul huis in ’n aftreeoord op die dorp aangeval is. Mnr. Marx van Rooyen (79) het gister uit sy hospitaalbed in die Bloemfontein-Medi-Clinic gesê hy en sy vrou, Elise (79), is gelukkig om te lewe nadat hulle Sondagoggend in hul huis in dié Noordoos-Kaapse dorp oorval is. Mnr. Van Rooyen se regterhand is tot op die been oopgesny. Hy het ook steke aan ’n wond bo sy regteroog gekry. Dié oog is blou. Hy het ook verskeie blou kolle aan sy lyf. Sy vrou, wat ná ’n beroerte verlam is aan die een kant van haar lyf, het ongedeerd daarvan afgekom. Van Rooyen het vertel twee jong mans met klapmusse het hulle Sondag omstreeks 04:00 in hul huis in die Barkly-Oos-aftreeoord oorval terwyl hulle geslaap het. Volgens mnr. Van Rooyen het die mans, waarvan een met ’n dolk gewapen was, by hul kamervenster, wat op ’n “skrefie oop” was, probeer inklim. Die geraas het hulle laat wakker skrik waarna hulle ’n lawaai opgeskop het in ’n poging om alarm te maak. Dit het die mans net so ver as ’n ander venster laat vlug waar hulle toe ingeklim het. “Weet jy hoe voel dit om mans deur jou venster te sien klim? Dit is nie lekker nie. Ek het die kamerdeur toegedruk, maar hulle was te sterk. “Ek en een van die mans het begin baklei. Ek het sy hand met die dolk gegryp toe hy my wou steek,” het Van Rooyen vertel. Volgens hom is die ander inbreker reguit na sy vrou se bed toe. Sy het ’n geraas gemaak waarna die inbreker haar mond toegedruk het. “Die dolk was nie ver van my lyf af nie en ek het gedink vandag is dit my einde. Ek het gehoor hoe skree my vrou in die kamer, maar gelukkig het sy niks oorgekom nie. “Ek weet nie hoe sy die man van haar weggehou het nie.” Kapt. Ursula Roelofse, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die aanvallers het toegang tot die aftreeoord gekry deur ’n skreef in ’n veiligheidshek. “Die mans het met leë hande gevlug nadat die geraas van die bejaardes ander mense wakker gemaak het. Die aanvallers het weer deur dieselfde venster geklim en gevlug,” het sy gesê. Volgens Roelofse word klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en huisbraak ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Image

Source: http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Egpaar-in-hul-huis-in-aftreeoord-aangeval-20110330...
comments powered by Disqus

Please Note: This is a Google Maps Street View of the approximate area where the crime occured. It is not necessarily the exact address view of the crime.