Location All
Crime Types   Date Range
between -
Incident #7383
Robbery with aggravating circumstances

953

## Anglers Way, Port Alfred, Eastern Cape, Eastern Cape
21 June 2014 at 22:00 - Reported by Anonymous
Oud-Bok, vriende beroof in stranddorp
GERRIE SONNEKUS, voormalige Springbok- en Vrystaat-rugbyspeler, wat ook albei spanne afgerig het, is ernstig beseer nadat hy en twee vriende tydens ’n hengel-wegbreek in Port Alfred deur rowers aangeval en beroof is.
Sonnekus (61), wat as agtsteman en skrumskakel uitgedraf het, en sy vriende Bernardus Zaaiman (63) en André Cleghorn (60) is Saterdag omstreeks 22:00 deur vier rowers in ’n vakansiehuis in Anglersweg naby die Kowierivier oorval en met messe gesteek.
Volksblad verneem Gerrie en Bernardus het teen die rowers terugbaklei en die ergste daarvan afgekom.
Volgens lt. Luvuyo Mjekula, polisiewoordvoerder, het van die vriende steekwonde aan hul koppe en in die gesig opgedoen.
Hy kon egter nie bevestig wie watter beserings opgedoen het nie.
Mjekula sê die rowers het toegang tot die huis verkry deur ’n glasdeur op te lig.
Hulle het toe die drie vriende oorval, vasgemaak en met selfone, alkohol en geld gevlug.
Sonnekus en Zaaiman is na dié voorval albei in die hospitaal in die dorp opgeneem, waarna Zaaiman later na ’n hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas is.
Sonnekus se jonger broer, Piet, sê sy broer is wel met ’n mes gesteek.
Hy is egter nie seker watter soort beserings sy broer opgedoen het nie.
Marlene, Sonnekus se vrou, het aan Piet gesê haar man ervaar nog baie pyn, maar is reeds eergisteraand uit die hospitaal ontslaan.
Piet, wat ook ’n voormalige Noord-Vrystaatse skrumskakel is, sê hy het sy “gat afgeskrik” toe hy van die voorval gehoor het.
“’n Mens verwag nie so iets nie.”
Hy sê sy broer, Zaaiman en Cleghorn se wegbreek na Port Alfred is ’n jaarlikse instelling tussen die vriende.
Volksblad verneem Sonnekus sal binnekort uit die Oos-Kaap na Sasolburg, sy tuisdorp, terugkeer.
Volgens lt.kol Ncamisa Donkrag, Port Alfred-speurbevelvoerder, word daar hard na die verdagtes gesoek.
“Ons is besig om inligting en leidrade op te volg.”
Mjekula sê ’n aanklag van huisbraak en twee aanklagte van poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Source: http://www.volksblad.com/nuus/2014-06-24-oud-bok-vriende-beroof-in-stranddorp...
comments powered by Disqus

Please Note: This is a Google Maps Street View of the approximate area where the crime occured. It is not necessarily the exact address view of the crime.