Location All
Crime Types   Date Range
between -
Incident #7392
Business robbery

1,212

## R104, Hartbeespoort, North West, North-West
24 June 2014 at Unknown Time - Reported by Anonymous
6 BARBARE het vir Mandie Mey aangeval by die Halfpad Bottelstoor tussen Buffelspoort en Rustenburg vanmiddag. Hulle het haar 2x in die kop geskiet... Sx
GEWAPENDE ROOF: HALFPAD BOTTELSTOOR OP R104
Halfpad Bottelstoor gisteraand beroof toe hulle toesluit. Dame oorlede. 6 gewapende mans.

Mandie Janse van Rensburg (néé Mey) is skaars vier maande na haar troudag tydens ʼn rooftog op haar kleinhoewe in Kroondal, buite Rustenburg in Noordwes, doodgeskiet.

ʼn Woordvoerder van die Staan Saam Rustenburg Buurtwag (SSRB), wat ná die aanval op die toneel was, het Woensdag aan Maroela Media gesê Janse van Rensburg (51) het ‘n drankwinkel en skrootwerf vanaf haar kleinhoewe bedryf. Sy was glo besig om die skrootwerf se kantoor te sluit toe gewapende mans haar daar oorval en twee keer in die kop geskiet het. “Janse van Rensburg is in Februarie getroud. Haar man was nie tydens die aanval op die perseel nie, hy was hartgebroke toe hy na die tyd daar aangekom het,” het SSRB gesê.

Sers. Kealeboga Molale, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Die vrou was omstreeks 18:30 deur twee gewapende mans oorval toe sy haar sakeperseel wou sluit,” het Molale gesê. “Hulle het die vrou naby die toonbank aangetref en haar noodlottig gewond. Sy is op die toneel dood. Haar aanvallers is vandaar na ʼn kantoor waar hulle ʼn werknemer van ʼn onbekende hoeveelheid kontant beroof het. Hulle het gevlug.”

Molale sê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en sakeroof. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Die polisie versoek enigiemand wat meer inligting het oor die voorval om die ondersoekbeampte, ao. George Brander, by 082 338 3070 te skakel.
Source: http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/jonggetroude-tydens-besigheidsroof-doodgeskiet/...
comments powered by Disqus

Please Note: This is a Google Maps Street View of the approximate area where the crime occured. It is not necessarily the exact address view of the crime.