Location All
Crime Types   Date Range
between -
Incident #7523
Residential robbery

1,008

## Middelburg, Mpumalanga, Mpumalanga, Mpumalanga
29 July 2014 at 03:30 - Reported by Anonymous
‘n Skreeuende alarm en ‘n Trellidor in hul gang, het verhoed dat ‘n inbreker by ‘n ma en haar bewende sewejarige dogtertjie uitkom.

Me. Mariette Stapelberg sê klein Mieke is erg getraumatiseer deur die voorval en kry geweldig nagmerries. “Sy wil nie eers alleen bad nie!”
Volgens me. Stapelberg was haar man weg vir die naweek en het klein Mieke by haar in die kamer geslaap.
Vrydagoggend omstreeks 03:30 is sy wakker geruk met ‘n harde plofgeluid. Sy het opgespring en by haar kamervenster uitgeloer, maar niks gesien nie.
Kort hierna het sy wéér die geluid gehoor en by die venster uitgekyk. Toe dit die derde keer gebeur, het sy na die badkamer gestap, ook deur dié venster na buite gekyk en teruggeloop kamer toe. “Hy moes my gesien het toe ek by die badkamer in en uit is!” het sy ontsteld gesê.
Oomblikke later het die huis se alarm afgegaan en klein Mieke het ook wakker geword.
Die inbreker het waarskynlik vir die alarm geskrik, waarop hy ‘n kamera, videokamera en skootrekenaar in die sitkamer gegryp en weer by die venster uitgevlug het. “Dank die Vader die Trellidor was daar! Ek weet nie wat sou gebeur het as dit nie daar was nie!”
Me. Stapelberg het die radiogroep en Mid-Alarms gekontak en beide was binne minute op die toneel.
Hulle het gevind dat die booswig aan die agterkant van die erf vanaf die mense skuins agter hulle, oor die muur gespring het. Daarna het hy vanaf die lapa se kant die sitkamervenster se diefwering oopforseer en ingeklim.
Wat vir me. Stapelberg vreemd is, is dat nie een van die bure se honde geblaf het terwyl daar ingebreek is, óf toe sy die harde geluide gehoor het nie. “Almal het groot honde! Selfs my hondjie, wat onder die bed gelê het, het niks agtergekom nie. Die honde het eers begin blaf toe die alarm afgaan!”
Die area rondom Koos de La Reystraat (Dennesig) is gefynkam, asook die veld in die omgewing. Die inbreker was egter skoonveld.
Me. Stapelberg sê van die bure vertel hulle het mense hoor fluit kort voor die inbraak en sy het ‘n baksteen agter op die muur gekry, waar die inbreker oorgeklim het. “Ek wonder of dit dalk ‘n merker was vir hom om te weet wáár om in te breek?”
• Me. Stapelberg wil graag die lede van die Kanonkop/Dennesig/Middedorp radiogroep, asook Mid-Alarms bedank, wat so vinnig by haar huis was.

Image

Source: http://mobserver.co.za/15576/vrou-en-kind-in-huis-tydens-inbraak-2/...
comments powered by Disqus

Please Note: This is a Google Maps Street View of the approximate area where the crime occured. It is not necessarily the exact address view of the crime.